Iemand het Saterdag vir my gevra om die Mosterdring en die Advokadovorm se resepte op die Blog te plaas. Hier is hulle en geniet dit.
Mosterdring -
Bestanddele:
4 eiers
250 ml water
125 ml asyn
150 g (175 ml) witsuiker
15 ml gelatien
15 ml mosterdpoeier
2 ml borrie
1 ml sout
250 ml room
Metode:
Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout. Meng dit dan baie goed in die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend todat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel bo-op vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei gespuit is of wat met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die yskas om te stol.
Gooi dit uit op ‘n slaaibord en garneer. Geniet dit saam met koue hoender, braaivleis en skaapboud. Jou volgende kersmaal kan eintlik nie daarsonder!
Advokadovorm -
Bestanddele:
1 pakkie (80g) suurlemoenjelliepoeier
125 ml kookwater
250 ml advokadomoes (Fyn gedrukte vars advokado)
125 ml mayonnaise
1 ui (Nie te groot) Grof gerasper
‘n paar druppels groen voedselkleursel (Opsioneel)
Metode:
Los die jelliepoeier in die kookwater op en laat effens afkoel. Meng die advokado, mayonnaise en ui en roer die jellie by. Kleur dit effens groener indien so verkies. Bespuit ‘n slaaivorm (625 ml volume) met kleefwerende kossproei, gooi die mengsel daarin en plaas in yskas om te stol. Gooi dit, net voordat jy dit wil bedien, uit op ‘n slaaibord en garneer. Hierdie resep behoort genoeg te wees vir 6 porsies.